NewsNews

Twee beseer na ongeluk op N12

Twee mans is vandag (13 Julie) beseer tydens 'n ongeluk op die N12, Klerksdorp rigting.

Twee mans is vandag (13 Julie) beseer tydens ‘n ongeluk op die N12, Klerksdorp rigting.

Die ongeluk het ongeveer 16:30 net na die New Machavie afrit plaasgevind. Die een voertuig het na bewering die ander se onderstel onder hom uitgery.

IMG-20160713-WA0004

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend, maar die polisie was op die toneel om verder  ondersoek in te stel.

IMG-20160713-WA0003

IMR ambulansdienste het altwee mans hospitaal toe vervoer. Een is Mediclinic toe geneem en die ander is na Wilmedpark in Klerksdorp geneem. Volgens paramedici het een van die mans veelvuldige beserings opgedoen terwyl die ander gematigde beserings opgedoen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button