Motor jaag deur tuinmuur
‘n Motor het Woensdagmiddag omstreeks 16:00 deur die tuinmuur van ‘n huis op die hoek van Molen- en Borcherdstraat gejaag toe die bestuurder van die motor beheer daaroor verloor het. Volgens die eienaars van die huis, Gerhard Jacobs en Marlize Kruger, is niemand gelukkig beseer nie en was hulle in die huis en elders op …
‘n Motor het Woensdagmiddag omstreeks 16:00 deur die tuinmuur van ‘n huis op die hoek van Molen- en Borcherdstraat gejaag toe die bestuurder van die motor beheer daaroor verloor het.
Volgens die eienaars van die huis, Gerhard Jacobs en Marlize Kruger, is niemand gelukkig beseer nie en was hulle in die huis en elders op die erf doenig toe dit gebeur het. Marlize sê sy was in die huis toe sy die slag gehoor het. Toe sy by die voordeur uitstorm het sy die rooi karretjie hesien met stene van die muur die wêreld vol.
Gelukkig lyk dit of die bestuurder van die motor, ‘n meisie, ook nie beseer is nie. Almal was net baie geskok. Marlize sê met hul wonderlike bure in die omgewing het hulle reeds ‘n hek gekry waarmee hulle die erf kan toemaak sodat hul honde nie kan uitkom. Die stuk van die muur sal heeltemal herbou moet word. Dit is nie seker wat aanleiding daartoe gegee het dat die bestuurder beheer oor die kar verloor het nie.



