NewsNews

Pianis wen grootste klassiekemusiek-kompetisie

Die pianis, Megan-Geoffrey Prins, aangewys as die algehele wenner van die nasionale instrumentale klassiekemusiek-kompetisie, ATKV-Muziq, wat Saterdag tydens ’n glansgeleentheid in Potchefstroom plaasgevind het. Prins (26) is tans ‘n student van Antonio Pompa-Baldi aan die Cleveland Institute of Music in die VSA. Hy het die algehele eersteprys van R60 000 ontvang, asook die prys vir …

Die pianis, Megan-Geoffrey Prins, aangewys as die algehele wenner van die nasionale instrumentale klassiekemusiek-kompetisie, ATKV-Muziq, wat Saterdag tydens ’n glansgeleentheid in Potchefstroom plaasgevind het.
Prins (26) is tans ‘n student van Antonio Pompa-Baldi aan die Cleveland Institute of Music in die VSA.
Hy het die algehele eersteprys van R60 000 ontvang, asook die prys vir die beste vertolking van ’n Barok of Klassieke werk. Dié prys van R8 500 is aan hom toegeken vir sy vertolking van Haydn se Klaviersonate in c mineur, Hob 20/XVI; I – Moderato .
Tatiana Thaele (fluit) het die tweede plek verower en het R30 000 ontvang.
Sulayman Human (klavier) het R15 000 ontvang as derde plek.
Jong volwasse musici vanoor die hele Suider-Afrika is in Mei vanjaar genooi om tydens die eerste ronde teen mekaar mee te ding. Uit hierdie groep deelnemers is die beste tien musici gekies wat aan die tweede en derde (finale) rondes in Potchefstroom die afgelope paar dae deelgeneem het.
Na afloop van die tweede ronde is die top vyf kandidate aangewys. Naas Prins, Thaele en Human was Feroll-Jon Davids (klarinet) en Marnus Greyling (orrel) ook finaliste.
Elke finalis het R10 000 ontvang.
’n Bonusprys van R8 500 word ook jaarliks toegeken vir die beste vertolking van ‘n Suid-Afrikaanse werk tydens die tweede ronde van hierdie kompetisie. Thaele het vir haar vertolking van H. Hofmeyr se Incantesimo vanjaar hierdie prys ontvang.
ATKV-Muziq is Suid-Afrika se grootste en mees toonaangewende klassiekemusiek-kompetisie wat onder andere internasionale pianis, Ben Schoeman as algehele wenner opgelewer het. Dit is ‘n nasionale kompetisie vir jong volwasse musici in die ouderdomsgroep 15-27 jaar. ’n Totale prysgeld van R172 000 word uitgeloof.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button