NewsNews

Vier skole loop deur onder inbrake die afgelope naweek

Vier skole het onder ’n vlaag van inbrake oor die naweek deurgeloop. Daar is by Gimmies, M.L. Fick, Mooirivier Laerskool asook Potch Primary ingebreek.

Vier skole het onder ’n vlaag van inbrake oor die naweek deurgeloop.
Daar is by Gimmies, M.L. Fick, Mooirivier Laerskool asook Potch Primary ingebreek.
In al vier gevalle is die alarms buite werking gestel waarna kluise oopgebreek is. Die verdagtes is weg met kontant en elektroniese toerusting soos rekenaars. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is daar Saterdagaand(23 Julie)  by Laerskool M.L. Fick ingebreek waarna Mooirivier Laerskool en Gimmies Sondagoggend(24 Julie) deurgeloop het. By Potch Primary is daar glo deur die loop van Sondagaand(24 Julie) ingebreek.

IMG-20160725-WA0005
Toegang tot die skole is deur die dakke van kantore verkry het.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, wat die skole se alarms hanteer is daar glo ook by twee skole in Klerksdorp, asook vier skole in Krugersdorp, ingebreek.
“Dit lyk of dit die werk van ’n sindikaat kan wees wat die inbrake baie goed beplan het. Ons tegniese spanne was by elke perseel om die alarms op te skerp. Mense moet dalk weer na hulle sekuriteit kyk sodat dit aangepas kan word by veranderende inbraaktegnieke,” het Haefele gesê.
Volgens Chaka is daar duisende rande in kontant by die skole gesteel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button