NewsNewsUpdate

Pensioenaris kort hulp na brand haar motor verwoes

ʼn Voertuig het Donderdagmiddag 11 Augustus omstreeks 13:00 in Kampstraat aan die brand geslaan en is heeltemal verwoes.

ʼn Voertuig het Donderdagmiddag 11 Augustus omstreeks 13:00 in Kampstraat aan die brand geslaan en is heeltemal verwoes.
Die pensioenaris, aan wie die voertuig behoort, het dit aan haar skoonseun geleen. Dit het in die erf agter die Dienssentrum gestaan toe dit aan die brand geslaan het. Die skoonseun was besig om werk by die perseel te doen. Die bejaarde vrou se oorlede man het destyds sy pensioengeld gebruik om die voertuig te koop
Mooirivier Beskerming was op die toneel en Tlokwe brandweer het die brand bestry. Dit is nog onbekend presies wat die brand veroorsaak het. Niemand tydens die voorval beseer nie.
”My skoonma sukkel nou om te kom waar sy moet wees. Sy moet nou ’n voertuig leen of loop,” het Chris Stemmet, een van die vrou se ander skoonseuns gesê.
Enigiemand wat kan help kan Chris by 063 609 3957 of Helena by 072 574 0407 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button