SportSport

Gimmies en HTS in groot skolekrieketaksie hierdie naweek

Dit is weer tyd om die rooi krieketballe blink te vryf, die kolwe te olie en in te slaan en die wit broeke uit te pak en te stryk. ‘n Blink nuwe skolekrieketseisoen begin hierdie naweek en hierdie jaar behoort een van die beste Noordwes Krieketliga’s nog te wees, veral as ‘n mens na die …

Dit is weer tyd om die rooi krieketballe blink te vryf, die kolwe te olie en in te slaan en die wit broeke uit te pak en te stryk.

‘n Blink nuwe skolekrieketseisoen begin hierdie naweek en hierdie jaar behoort een van die beste Noordwes Krieketliga’s nog te wees, veral as ‘n mens na die openingsrondte kyk.

Op Saterdag, 20 Augustus, speel die verdedigende Noordweskampioenne, Potchefstroom Gimnasium hulle eerste wedstryd tuis in die A-liga teen Hoërskool Rustenburg. Dit behoort ‘n taai affêre te wees. Gimmies het staatmakers soos Ruan Haasbroek en Lourén Steenkamp verloor en sal nou in hoop in die Jansen broers, Duan en Marco en Jaco Schoeman moet sit om hulle te help. Natuurlik is daar ook ander uitblinkers wat hierdie jaar hulle staal op die kolfblad kan toon.

Potch Volkies wat ‘n sterk aanspraakmaker vir die titel vanjaar is, het ‘n loslootjie hierdie naweek. Hoërskool Klerksdorp en Lichtenburg speel in die ander wedstryd in Klerksdorp teen mekaar.

In die B-liga is HTS Potchefstroom hierdie week in aksie teen Hoërskool Wolmaransstad in ‘n tuiswedstryd. Ouens soos Reabetswe Mokgoro en Modise Mahlaku sal hierdie jaar weer mooi dopgehou moet word en kan ‘n groot verskil in HTS se sukses hierdie jaar maak.

Wesvalia en Bergsig speel in die ander wedstryd terwyl Hoërskool Schoonspruit ‘n loslootjie het.

Lees in volgende week se Herald oor hierdie uitslae en hou die webblad dop vir foto’s.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button