NewsNews

Dooie voëls ontstel voëlkykers

’n Passievolle voëlkyker en sy vrou sê hulle is Sondagoggend erg geskok deur ’n toneel van dooie voëls waarop hulle afgekom het.

’n Passievolle voëlkyker en sy vrou sê hulle is Sondagoggend erg geskok deur ’n toneel van dooie voëls waarop hulle afgekom het.
Volgens Zies van Zyl, bestuurder van bewaring by die Vaal Voëlklub, het hy en sy vrou vroeg verlede Sondagoggend vanaf Vanderbijlpark op die R54 gery om voëls te gaan kyk toe hulle sowat 10km van Potchefstroom af op die grusame toneel afgekom het.
Daar was 16 dooie kolganse en wildemakoue langs die pad in swartsakke gestrooi.
“Wat ’n treurige gesig vir enige persoon wat goeie waardes aanhang en aktief bydra tot die bewaring van ons fauna en flora,” het Van Zyl gesê.
Volgens hom het dit gelyk of die voëls geskiet is en toe in swartsakke gegooi is. “Ek hoop die skuldige persoon sien dit en besef hoe ander landsburgers oor ons erfenis voel en nie sal toelaat dat dade van hierdie aard bewaringspogings in die wiele ry nie,” het ’n ontstelde Van Zyl gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button