Gaan bos by Gaanbos Trading
Gaanbos spesialiseer in die koop en verkoop van vuurwapens en ammunisie veral vir jagdoeleindes.

Gaanbos Trading in Canal Crossing is ʼn jagtersparadys en as ʼn mens daar instap is daar dadelik ʼn gevoel dat jy nou aan die meer wilde kant van die lewe is.
Gaanbos spesialiseer in die koop en verkoop van vuurwapens en ammunisie veral vir jagdoeleindes.
Eienaar Riaan Barnard het Gaanbos Trading in Canal Crossing in Oktober 2014 geopen. Hy boer sy lewe lank tussen Thabazimbi en Britz maar het ʼn paar jaar gelede besluit om Potchefstroom toe te verhuis om sy droombesigheid te begin.
Gaanbos is nie net die perfekte plek om jag- visvang- of buitelewe toerusting te koop nie, maar omdat Riaan so ʼn in diepte kennis van vuurwapens het, kan hy jou help om die regte besluit te neem met die koop van jou vuurwapen. Hy kan ook help met die aansoek van vuurwapenlisensies en hernuwing van vuurwapenlisensies wat reeds verval het.
Wat Gaanbos ook anders maak as alledaagse buitelewe onderneming is die feit dat hulle wapens vir klante kan stoor. “Ons stoor vuurwapens vir mense wat op vakansie gaan en nie hul vuurwapens by die huis wil los nie, ons stoor ook vuurwapens vir ses maande vir mense wat se lisensies verval het of vir diegene wat wag vir hul lisensies,” sê Riaan. Hy help ook met die opleiding vir die vuurwapenlisensies en om vuurwapen bevoegdheidsopleiding te ontvang.
Riaan se passie vir vuurwapens het begin toe hy as kind baie oor jag gelees het. Hy het as laerskoolkind reeds sy eerste bok geskiet en het by wuse van spreke met geweer in die hand groot geword. Hy beskou nie sy besigheid as sy werk nie. “As mens ʼn passie vir iets het, dan is dit nie werk nie”.
Gaanbos Trading is Saterdae tot 15:00 en Sondae tot 13:00 oop. Wanneer iets vir ‘n jagnaweek nodig ia, besoek hulle gerus by Canal Crossing-winkelsentrum of skakel 018 290 5379 of 083 660 5925.
Die Herald het saam met Gaanbos teiken geskiet met ‘n 308 pasmaak langafstand geweer – kyk die video hier.
https://www.youtube.com/watch?v=RnFPNKrBIv0&feature=youtu.be



