NewsNewsNews galleriesPhoto Galleries

NWU Pukke netbalspelers wys liefde by Paws

Die gesegde dat honde ‘n mens se beste vriend is was van toepassing vanmiddag toe NWU Pukke se netbalspelers hulle tyd saam met die honde by Paws (Potchefstroom Animal Welfare Society) spandeer het. Dié netbalspelers, wat kaptein Chanté Bester, Marna Claassens, Romé Dreyer, Mandolene Hermanus en ander ingesluit het, kon nie genoeg van die oulike …

Die gesegde dat honde ‘n mens se beste vriend is was van toepassing vanmiddag toe NWU Pukke se netbalspelers hulle tyd saam met die honde by Paws (Potchefstroom Animal Welfare Society) spandeer het.

Dié netbalspelers, wat kaptein Chanté Bester, Marna Claassens, Romé Dreyer, Mandolene Hermanus en ander ingesluit het, kon nie genoeg van die oulike hondegesiggies kry nie.

Die honde self het elke oomblik van die liefde wat hulle ervaar het geniet, en wou net spring en speel saam met hierdie wenspan.

Volgens Etienne Janse van Vuuren, bestuurder van die hondehokke by Paws, is dit ‘n eer om dié kampioene van Varsity Netbal by Paws te kan hê.

“Dit is vir ons ‘n groot eer om met dié netbalspan geassosieer te word, veral omdat hulle as rolmodelle deur die plaaslike gemeenskap gesien word,” het hy gesê.

Foto’s: Wouter Pienaar

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button