Luiperds se Sewesspan is kookwater
Die Luiperds se Sewes-span het die eerste toernooi in die Noordelike Streek Saterdag in Vereeniging met ‘n rekordtelling vir ‘n eindstryd gewen, deur die Pumas 44-7 te klop. Die span, wat deur Pieter van den Berg afgerig word, is reeds die afgelope drie jaar die Transvaalse kampioene. Die Luipies het die Pumas ook in hul …

Die Luiperds se Sewes-span het die eerste toernooi in die Noordelike Streek Saterdag in Vereeniging met ‘n rekordtelling vir ‘n eindstryd gewen, deur die Pumas 44-7 te klop. Die span, wat deur Pieter van den Berg afgerig word, is reeds die afgelope drie jaar die Transvaalse kampioene. Die Luipies het die Pumas ook in hul eerste poelwedstryd geklop en net een wedstryd – teen die Leeus – verloor. Dalen Goliath is as die Agterspeler van die Toernooi aangewys en die kaptein Ian “Tamatie” Heyns was die Voorspeler van die Toernooi.Nuwelinge soos Garran Kriek, Diederik Oberholzer en Michael Fulton het hul goed van hul taak gekwyt.
Luiperds se uitslae:
Klop Pumas 22-5
Verloor teen Leeus 24-28
Klop Bulle A 26-7
Klop Bulle B 21-19
Klop Limpopo 28-0
Klop Valke 35-0 in halfeindstryd
Klop Pumas 44-7 in eindstryd
*Die volgende toernooi word op 17 September in Rustenburg aangebied.



