NewsNews

Lang messe uit vir verkeersoortreders

Tlokwe verkeer se messe is uit vir diegene wat agterstallige verkeersboetes het.

Tlokwe verkeer se messe is uit vir diegene wat agterstallige verkeersboetes het.
Dié verkeersdepartement het onlangs ongeveer R600 000 in ’n nuwe stelsel in twee van hulle voertuie belê wat gebruik gaan word om diegene vir wie lasbriewe uitgereik is, vas te trek.

manne
Die rekenaarstelsel het ’n kamera wat die nommerplate van voertuie lees. Dit gaan soek dan tussen die ongeveer 43 000 uitstaande lasbriewe op die stelsel of die betrokke registrasienommer daar verskyn.
Binne sekondes toon die stelsel dan vir die beampte hoeveel lasbriewe vir die betrokke voertuigeienaar uitstaande is. Die verkeersbeampte keer dan die voertuig voor en kyk of die bestuurder van die voertuig die persoon is op wie se naam die lasbrief is.
Die boete moet dan betaal word of die persoon word in hegtenis geneem vir minagting van die hof.
“As iemand nie kan of die boete wil betaal nie word hulle in hegtenis geneem. Die inhegtenisname gaan nie oor die verkeersoortreding nie, maar oor minagting van die hof. As die persoon die boete wil betaal, begelei die verkeersbeampte hom na die verkeerskantoor of na-ure na die polisiestasie,” het Ben van der Merwe, ’n verkeersbeampte gesê.
Die Herald het die kans gehad om die stelsel in aksie te sien. Verskeie voertuie se nommerplate is deur die stelsel nagegaan terwyl die Herald saam met ’n verkeersbeampte gery het. ’n Hele paar uitstaande lasbriewe wat met die registrasienommer van ‘n voertuig verbind word is gevind, onder meer van ’n raadslid van die stad.
Die stelsel maak verkeersbeamptes se werk baie makliker omdat oortreders opgespoor kan word sonder om padblokkades te hou.
Volgens Malcolm Grimbeek, hoof van verkeer, is die plan om in die nabye toekoms die stelsel uit te brei na meer van hul voertuie, asook om die e-Natis stelsel op die rekenaars te laai. Dieselfde stelsel kan ook deur die polisie gebruik word om ander misdadigers op te spoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button