
Kort na 11:00 vanoggend (19 Oktober) het ‘n groep gewapende verdagtes by ‘n huis in Van der Hoffpark ingekom nadat dulle die huishulp oortuig het dat hulle ‘n onderhoud met haar wil voer.
Twee mense is in die huis aangehou terwyl die verdagtes juwele en elektroniese toestelle gesteel het. Die verdagtes het glo in ‘n blou Nissan bakkie en ‘n roomkleur Mercedes van die toneel af gevlug. Mooirivier Beskerming is gekontak en het dadelik reageer na die toneel. Die polisie helikopter is geaktiveer maar kon ongelukkig nie die verdagtes opspoor nie.
Alhoewel ER24 ook op die toneel was, was daar gelukkig geen beserings gewees nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



