NewsNews

Student vas na polisie op plaas toeslaan

Die polisie het Woensdag beslag gelê op dwelms en toerusting ter waarde van ongeveer R250 000 op ‘n plaas naby Klerkskraal.

Die polisie het Woensdag beslag gelê op dwelms en toerusting ter waarde van ongeveer R250 000 op ‘n plaas naby Klerkskraal. Dit nadat twee studente in hegtenis geneem is vir die besit van dwelms. ‘n Derde student is op die plaas in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel.

dagga bucket

 

Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, is die studente, Renaldo Nortje en Johan Strydom (albei 22) op die hoek van Sol Plaatjie en Chris Hanistraat in hegtenis geneem nadat daar 87 gram dagga, vier pakkies “magic mushrooms” en dagga-olie deur konst. Gerhard Visagie in hulle besit gevind is.

Nico Heyns
Nico Heyns

Na ondervraging het die studente ’n plaas in die Klerkskraal-area uitgewys waar die dagga en sampioene gekweek word. Met hul aankoms op die plaas, het die polisie ongeveer 3 kg gedroogde dagga, 40 daggaplante en 100 gram “magic mushrooms” gevind.
Nog ’n student, Nico Heyns (22) is op die plaas in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel. Heyns is op borgtog van R1 000 vrygelaat. Die saak is uitgestel tot 31 November. Beide Strydom en Nortje is op borgtog van R500 vrygelaat. Sover bekend is al drie dagstudente aan die Puk-kampus.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button