NewsNews

Aardklop-syfers verbaas!

Daar was vanjaar meer as 50 000 mense op die Aardklop feesterrein – meer as dubbel as wat aanvanklik verwag is.

Daar was vanjaar meer as 50 000 mense op die Aardklop feesterrein – meer as dubbel as wat aanvanklik verwag is.
Die direksie van vanjaar se Aardklop Nasionale Kunstefees is ook aangenaam verras oor die aantal kaartjies wat vir vertonings verkoop is en die aantal mense wat die jaar se Aardklop bygewoon het.
Die nuwe 2016 Aardklop Nasionale Kunstefees het tydens die Oktober skoolvakansie in Potchefstroom plaasgevind. Dit nadat die fees amper nie gehou is omdat die vorige direksie besluit het dat die fees nie meer sou voortgaan nie.
’n Aantal belanghebbendes vanuit stigtersborge, vennote, die Potch/Tlokwe Stadsraad, die Noordwes-Universiteit en die Potch/Tlokwe Sakekamer het egter die bal aan die rol gesit om die fees vir die stad te red.
Volgens Alexa Strachan, feesbestuurder, is hulle hard besig om die finansiële state vir die fees te finaliseer. Die direksie sal gedurende November vergader om die finansiële resultate en ander aspekte van die afgelope fees te evalueer, ten einde strategieë oor ‘n 2017 fees te oorweeg.
Intussen is sekere statistieke oor die afgelope fees bekend gemaak. Daar is ongeveer 28 000 kaartjies vir vertonings verkoop, wat 30% beter is as wat aanvanklik beraam is. Die vertonings wat die meeste kaartjies verkoop het, was Beurtkrag, Ooms, So ry Miss Daisy, Hond se gedagte en Hond.
Liewe Heksie was ook uiters gewild en Karen Zoid se vertoning was vroeg al uitverkoop.
Meer as 50 000 mense het gedurende die week toegang betaal om op die feesterrein te kom, met die meeste besoekers die Saterdag.
Goeie terugvoer is van besoekers, kunstenaars en stalletjiehouers ontvang oor die gehalte en verskeidenheid van die fees. Baie van die stalletjiehouers was baie tevrede met hulle verkope.
Die direksie sal na afloop van hulle strategie-gesprek vandeesmaand verdere aankondigings oor Aardklop 2017 maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button