ʼn Man is op 4 November omstreeks 09:00 in hegtenis geneem vir die besit van vermeende gesteelde goedere.
Die polisie was besig met roetine patrollies toe hulle verby twee verdagtes op die N12 met swaargelaaide sakke ry. Hulle het om gedraai om ondersoek in te stel, waarna die twee hulle sakke neer gegooi het en gevlug het.
Een van die verdagtes wat in Bailiepark in gehardloop het is deur lt. kol. Deon Aucamp en lt.kol Christelle Venter op die hoek van Klinkenberg en Holtzhausestraat in hegtenis geneem.
Die sakke wat die polisie op beslag geneem het, het ongeveer 51 kg se koperdraad in gehad. Die 29 jarige verdagte Sikhonzile Goduka het Maandag 7 November in die hof verskyn op aanklag van besit van vermeende gesteelde goedere.



