NewsNews

Potchefstroom se Oscar Goudriaan kom tweede in sweeftuig Grand Prix

Die Potchefstroomse sweeftuig vlieënier, Oscar Goudriaan, het tweede geëindig in die FAI Sailplane Grand Prix 2016 se finale rondtes wat verlede week in Potchefstroom gehou is.

Die Potchefstroomse sweeftuig vlieënier, Oscar Goudriaan, het tweede geëindig in die FAI Sailplane Grand Prix 2016 se finale rondtes wat verlede week in Potchefstroom gehou is.
Hierdie sweeftuig-kompetisie word jaarliks gehou en die bestes van die beste neem deel aan hierdie weeklange kompetisie om dan gekroon te word as een van die beste sweeftuig vlieëniers in die wêreld.

Oscar Goudriaan in sy sweeftuig. Foto: Facebook
Oscar Goudriaan in sy sweeftuig. Foto: Facebook

Goudriaan was die enigste Suid-Afrikaner wat in die sweeftuig-finaal deelgeneem het saam met 17 ander deelnemers van onder meer Duitsland, Frankryk, Pole en Italië waar Holger Karow van Duitsland gewen het. Alhoewel Goudriaan in die middel van die grand prix voorgeloop het, moes hy moeilike besluite neem wat hom sy wenposisie gekos het, en tweede laat kom het.
“Dit is altyd interessant om teen die wêreld se beste vlieëniers te vlieg,” sê hy.
Alhoewel hy nie hierdie een gewen het nie, kan dié Potchefstromer met trots sê dat hy die tweede beste sweeftuig vlieënier in die wêreld is.

Die wenners staan trots op die podium. Foto: Sailplane Grand Prix
Die wenners staan trots op die podium. Foto: Sailplane Grand Prix

Goudriaan gaan weer in Januarie vir twee weke deelneem aan ‘n sweeftuig wêreldkampioenskap in Australië, waar hy hopelik die goud gaan huis toe bring.
Hierdie grand prix was vir Goudriaan ‘n goeie toets vir selfvertroue, en omdat hy die afgelope tyd nie baie internasionale blootstelling gekry het nie, was dit ‘n goeie voorbereiding vir die kampioenskap in Australië volgende jaar.

Van links is Christophe Abadie in die derde plek, die wenner Holger Karow, en Oscar Goudriaan wat tweede gekom het. Foto: Sailplane Grand Prix
Van links is Christophe Abadie in die derde plek, die wenner Holger Karow, en Oscar Goudriaan wat tweede gekom het. Foto: Sailplane Grand Prix

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button