SportSport

Volkies kwalifiseer vir Fase 2 van Schools SA20 met 4-paaltjie sege teen Gimmies

Dit was die vierde keer in 'n ry dat Volkies vir Gimmies vanjaar klop in 'n groot krieketwedstryd.

Volkies se eerste krieketspan het hul uitstekende onoorwonne rekord vanjaar teen Gimmies voortgesit met ‘n 4-paaltjie-oorwinning in die Schools SA20-halfeindstryd.

Hierdie wedstryd was naelbyt tot op die einde met albei spanne wat een oog op ‘n eindstryd teen Wesvalia gehad het.

In die proses het Volkies alreeds ook vir Fase 2 van die Schools SA20 toernooi gekwalifiseer, waar hul teen skole van Noordkaap en Vrystaat in die Sentrale streek in Januarie 2027 sal deelneem.

Die top twee skole van elke provinsie neem aan Fase 2 deel.

Volkies moet 153 vir ‘n oorwinning behaal nadat Gimmies 152/3 gemaak het. Gimmies se paaltjiewagter, Ulrich Botha het ‘n puik 77* (63 balle) geslaan.

Volkies se paaltjiewagter, Riekert Kruger, het toe ook sy stem dik gemaak en 74 (53) aangeteken wat grootliks sy span na ‘n oorwinning geneem het.

AW van der Merwe met 28 (27 balle) en Daniel Jacobs met 22 (10 balle) het ook kritieke lopies geslaan wat Volkies oor die lyn geneem het met die telling op 156/6.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button