NewsNews

Man uit voertuig gesny

‘n Man was vroeg Sondagoggend (11 Desember) gelukkig om ernstige besering te vermy nadat sy voertuig gerol en teen ʼn boom tot stilstand gekom het.

‘n Man was vroeg Sondagoggend (11 Desember) gelukkig om ernstige besering te vermy nadat sy voertuig gerol en teen ʼn boom tot stilstand gekom het.

Met paramedici van ER24 se aankoms by die toneel, op die Promosapad, het hulle gevind dat die man in die voertuig vasgekeer is. Die Tlokwe brandweer is ontbied om die man uit die voertuig uit te sny.

Die man wat vermoedelik in sy 40s is, het slegs ligte beserings opgedoen, hy is op die toneel behandel waarna hy hospitaal toe geneem is.

Die presiese oorsaak van die voorval is onbekend maar plaaslike owerhede was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button