
ʼn Man is omstreeks 22:00 Sondagaand (11 Desember) in hegtenis geneem nadat hy van ʼn ongelukstoneel af gevlug het.
Die ongeluk het op die hoek van James Moroka en Walter Sisulu laan plaas gevind. ʼn BMW en ‘n Chevy Spark het met mekaar gebots. Met die aankoms van die wegsleepdienste het die bestuurder van die BMW gevlug. Mooirivier Beskerming het die man voorgekeer naby HTS Potchefstroom waarna die polisie hom in hegtenis geneem het vir dronkbestuur.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




