Die Herald is hard besig om geskenke toe te draai in ons laaste week by die kantoor. Daar is so baie geskenke dat ons meer kinders se harte gaan bly maak die Kersfees as wat ons ooit sou kon dink! Baie dankie aan almal wat iets gegee het, hetsy geskenke, kos of kontant inbetalings, dit gaan werklik ‘n verskil maak.
Hou die week se Herald hierdie Donderdag dop vir ‘n paar foto’s van baie gelukkige gesinne wat iets kon kry vir Kersfees.
Indien enige iemand nog iets het om te gee, kontak Marianke by marianke.saayman@media24.com of 082 303 3248. As iemand ekstra geskenkpapier het waarmee ons die geskenke kan toedraai, sal dit ook baie help.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



