Local newsNewsNews

Beloning van R40 000 vir inligting oor verdagtes in plaasaanval

Die beloning is die inisiatief van verskeie mense, waaronder boere in die omgewing wat geld ingesamel het.

’n Beloning van R40 000 word aangebied vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagtes wat betrokke was by die wrede plaasaanval waartydens ’n Noordwes-boer gemartel is.

Donovan Marx (50), ’n beesboer, veg om te herstel nadat hy Woensdagoggend, 28 Oktober, op sy plaas tussen Potchefstroom en Ventersdorp aangeval en gemartel is.

Marx is tydens die aanval geskiet, met ’n skerp voorwerp in sy been gesteek en sy ore is afgesny.

Volgens NW polisiewoordvoerder, kaptein Majang Skalkie het twee van die verdagtes het hom na bewering genader en hom in die bolyf geskiet. Hulle het hom daarna die huis ingesleep, sy hande en voete met kabelbinders vasgebind en hom na bewering met ’n mes gesteek en verder aangerand.

Die verdagtes het die huis deursoek en drie vuurwapens uit ’n kluis geneem voordat hulle van die toneel gevlug het in die boer se rooi Isuzu-bakkie,” noem Skalkie.

Lees die eerste berig oor die voorval hier:

Beloning saamgestel om ondersoek te help

Adam Barnard van SA Niemand & Seun en Jeanette van IP Makelaars het intussen besluit om ’n poging aan te wend om die ondersoek te help bespoedig deur ’n beloning vir inligting beskikbaar te stel.

Volgens Barnard is die beloning die inisiatief van verskeie mense, waaronder boere in die omgewing wat geld ingesamel het om die beloning moontlik te maak.

Hulle het die stasiebevelvoerder in Ventersdorp gekontak, waarna die beloning beskikbaar gestel is.

Enigiemand met inligting wat die polisie met die ondersoek kan help, kan die ondersoekbeampte kaptein Bonita Dry by 082 373 7781 kontak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button