Die oud-Potch Gimmie, Marco Jansen, het geskiedenis gemaak toe hy die eerste Gimmie word wat as die nommer 1 toetsbouler en veelsydige speler volgens die onlangse IKR-ranglys hierdie week aangewys is.
Jansen is tans op 876 punte die voorste bouler in toetskrieket. Die Australiese naatbouler, Mitchell Starc, is twee op 862 punte. Hy is ook die beste toetsspeler in die wêreld met 462 punte agter sy naam.
Dit is ‘n week van hoogtepunte vir Jansen wat in die beslissende derde toets teen Australië ook sy 100ste toetspaaltjie platgetrek en sodoende die vierde vinnigste Suid-Afrikaner geword het om dit te vermag in slegs 24 toetse.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



