
Agt studentewoonstelle in een kompleks in Reitzstraat het onlangs deurgeloop onder inbrake.
ń Student wat al terug is het gisteraand (2 Januarie) omstreeks 21:00 vir Mooirivier Beskerming gekontak nadat daar ń poging tot inbraak by haar woonstel was. Met aankoms het die reaksiebeamptes besef dat daar by agt verskillende woonstelle ingebreek was.
Almal se vensters was oop gemaak waarna die diefwering afgebreek was. Omdat die inwoners van die woonstelle nog nie terug in die dorp is nie, kon daar nie bevestig word wat alles vermis is nie.
Die polisie ondersoek verskeie sake van diefstal en inbraak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



