NewsNews

Paws bedrywig weens baie vuurwerke

Op Oujaarsdagaand het Paws sowat 50 troeteldiere gevind wat weens vuurwerke en klappers van hul huise weggehardloop het.

Op Oujaarsdagaand het Paws sowat 50 troeteldiere gevind wat weens vuurwerke en klappers van hul huise weggehardloop het.
Byna al hierdie troeteldiere is weer terug by hul huise, met een of twee uitsonderings. Dit sou nie moontlik gewees het sonder die sowat 20 vrywilligers van die gemeenskap wat Oujaarsdagaand uitgehelp het nie.
’n Hond wat in die straat in gehardloop het is doodgery, en nog ‘n hond het vir sowat drie dae in ‘n drein vasgesit nadat hy probeer skuiling soek het teen die vuurwerke.

15822861_378088712543812_7182504071698333707_n
‘n Inwoner het die hond gehoor en dadelik vir Paws geskakel. Paws het daarna die brandweer gebel om te kom help. Die hondjie was vir dae vasgevang voordat hy opgespoor en uit sy ondergrondse tronk gered is.
Dinsdag het die hondjie se jong eienaar na Paws geloop om sy maat te gaan haal.
Die seuntjie was baie bly om weer sy hondjie in sy arms te kon vashou.

Volgens Andries Venter, bestuurder en inspekteur van Paws, was Oujaarsdagaand weer chaos, soos altyd.
Paws moedig mense aan om twee keer te dink voordat hulle klappers skiet. Dit is dalk pret vir ‘n paar minute, maar kan permanente pyn en trauma in ‘n troeteldier se lewe veroorsaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button