Local newsNewsNews

’n Brokkie van Volkies se hart is weg

Maar tussen die hartseer sal Hugo se herinnering voortleef, in die stories wat vertel word, die oomblikke wat onthou word en die liefde wat hy agterlaat.

’n Stilte het Dinsdag, 20 Oktober oor Hoër Volkskool Potchefstroom gehang toe die skoolgemeenskap bymekaargekom het om afskeid te neem van Hugo Nolte, ’n Graad 11-leerder wie se lewe tragies kortgeknip is.

Vir diegene wat Hugo geken het, is dit moeilik om te aanvaar dat sy glimlag, vriendelikheid en teenwoordigheid nie meer deel van die alledaagse skoollewe sal wees nie. ’n Leë plek bly agter, een wat nie sommer gevul kan word nie.

Die skool het tydens die gedenkdiens stilgestaan by die lewe van ’n geliefde seun, broer en vriend. Dit was ’n geleentheid om die mooi herinneringe te koester en saam te treur oor die verlies van iemand wat ’n besondere plek in soveel mense se harte gehad het.

“’n Brokkie van ons Volkies-hart is weg,” het die skoolgemeenskap gedeel.

Die Volkie-gemeenskap is in rou gedompel nadat Hugo Vrydagaand, 16 Oktober in ’n tragiese motorfietsongeluk buite Potchefstroom dood is.

Die ongeluk het op die Viljoenskroon-pad, sowat 3 km buite Potchefstroom, tussen ’n bakkie en ’n motorfiets plaasgevind.

Hugo se dood laat ’n onbeskryflike leemte in die lewens van sy familie, vriende en almal wat die voorreg gehad het om hom te ken.

Terwyl woorde dikwels tekortskiet wanneer ’n jong lewe so skielik eindig, bly die herinneringe aan sy vriendelikheid, sy glimlag en die mens wat hy was, agter.

Vir sy skoolmaats sal daar voortaan ’n leë stoel wees. Vir sy onderwysers sal daar ’n bekende gesig wees wat hulle gaan mis. Vir sy familie is daar ’n verlies waarvoor geen woorde ooit genoeg sal wees nie.

Maar tussen die hartseer sal Hugo se herinnering voortleef, in die stories wat vertel word, die oomblikke wat onthou word en die liefde wat hy agterlaat.

Die Volkies-gemeenskap rou saam en hou Hugo se familie en geliefdes in hul gedagtes in hierdie ondenkbaar moeilike tyd.

’n Brokkie van Volkies se hart is weg, maar die spore wat Hugo in die harte van ander gelos het, sal bly voortleef.

Kyk na die fotos hier:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button