NewsNews

Groen munisipale swembad ’n groot kopseer

Die munisipale swembad in Potchefstroom word ‘n groot kopseer aangesien dit nie gereeld skoongemaak word nie.

Die munisipale swembad in Potchefstroom was tot onlangs nog gras groen gewees.

Dit veroorsaak, vir veral jong swemmers en onderwater hokkie spelers ‘n groot kopseer omdat hulle nie kan oefen nie.

Dit is veral dié tyd van die jaar ‘n probleem, omdat die onderwater-hokkieklub se spelers vir die nasionale wedstryde en vir die SA span moet oefen wat in Julie in Tasmanië gaan deelneem.

Lees ook: Afrigter van die jaar deel sy waterpas-strategie
Charmaine Smit is ‘n ouer van een van die kinders, en is bekommerd omdat hulle nou op ander plekke moet oefen omdat die water glad nie op standaard is nie.

Die swembad, wat in die week skoongemaak is, was vroeër die week nog heeltemal groen. Volgens Smit lyk die swembad elke jaar dié tyd so, en moet die kinders maar ‘n ander plan maak om te oefen.

Alhoewel die swembad skoongemaak is, is die water steeds nie op standaard nie, en kan daar in die stadium nie onderwater-hokkie geoefen word nie, aangesien die kinders mekaar nie onder die water kan sien nie.

Tot nou toe het hulle die Ferdinand Postma- en Die Wilge se swembaddens gebruik. Dit hou weer ander implikasies in, omdat hulle saam met die ander skole se spanne moet oefen.

* Navrae in die verband is aan die Tlokwe Munisipaliteit gerig, maar die Herald het nog geen terugvoer ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button