
’n Man is op Donderdag, 4 Mei op ‘n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer, in hegtenis geneem.
Dit volg nadat Chris de Jager (65) by die Prozesky voëlreservaat aangerand is. Die beskuldigde, Martin Vorster (26), het Donderdag in die landdroshof in die dorp verskyn, waarna hy op eie verantwoordelikheid vrygelaat is. Hy word daarvan beskuldig dat hy De Jager die vorige Vrydagmiddag omstreeks 14:00 by die Prozesky voëlreservaat aangerand het. Dit nadat De Jager glo vir hom gevra het om stadiger te ry met sy vierwielmotorfiets.
* Die Herald verneem die saak is tydelik van die rol verwyder met die oog op verdere ondersoek.



