Wian Kendall (Batman), Elsjé Saayman en Kobus Hendrikz (Superman) by die Forensiese Rekeningkunde stalletjie. Foto: Marianke Saayman
Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit het op Saterdag 6 Mei hul jaarlikse opedag aangebied, waar voornemende studente van ver gekom het om meer inligting te kry oor al die verskillende rigtings waarin hulle volgende jaar kan kom studeer.
Drikus Buys en Carlo Smith van Over de Voor manskoshuis het besoekers by die hek in gewag. Foto: Marianke Saayman
Kampusrektor prof. Fika Jansen van Rensburg het die oggend afgeskop deur elke leerder en ouer vriendelik te verwelkom.
Hy het gespog met Potchefstroom se roemryke geskiedenis van die afgelope 148 jaar, die taalbeleid en die feit dat die NWU kampusse, volgens hom, die mooiste en mees kompakte kampusse in Suid-Afrika is.
Inwoners van Huis Republiek dameskoshuis voor die pragtige hoofgebou. Foto: Marianke Saayman
Prof. Fika het almal verseker dat studente aan die NWU van die gelukkigste is, en dat hierdie elkeen se huis weg van die huis af word.
“Ons het nie studentelewe uitgevind nie, maar dit net vervolmaak,” het hy in sy verwelkomingstoespraak gesê.
Rita de Kock en Henk Louw van die Puk roei-span “surf” die stroom van mense. Foto’s: Marianke Saayman
Voornemende studente kon die verskillende fakulteite, koshuise en vele meer op die dag besoek. Daar was stalletjies vir al die verskillende koshuise en dorpskoshuise, al sewe fakulteite, sowel as die ASV’s, sport- en kultuur-unies – daar was werklik iets vir almal.
Die NWU se Mafikengkampus se opedag vind plaas op 19 Mei.
Marnus Meyer, Gustav Jansen van Rensburg en Reghardt O’neill van Hombré Manskoshuis. Foto: Marianke SaaymanPuk Kunste het ook uitgestal. Foto: Marianke SaaymanPuk-Kunste het seker gemaak almal word vermaak met goeie musiek. Foto: Marianke SaaymanKwena Paballo, Kagiso Moshoeshoe, Tshepiso Hchang en Malebele Lefoko van Potch Secondary School, wil volgende jaar onderwys kom studeer. Foto: Marianke SaaymanMJ Koekemoer, Dehann van der Merwe en Gabriel Breytenbach van Veritas manskoshuis. Foto: Marianke SaaymanFrikkie Deysel en Francois Meyring van die fakulteit Teologie speel Dawid en Goliat. Foto: Marianke SaaymanWian Kendall (Batman), Elsjé Saayman en Kobus Hendrikz (Superman) by die Forensiese Rekeningkunde stalletjie. Foto: Marianke SaaymanDirk du Toit van Hombré blaas op sy horing. Foto: Marianke SaaymanStudente van die Skool vir Musiek het hul talente vertoon. Foto: Marianke SaaymanDames van Vergeet-My-Nie dameskoshuis was vrolik in hul geel hoedjies. Foto: Marianke Saayman
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!