Twee gewapende rooftogte het vandag (16 Mei) in Bailliepark plaasgevind.
Die eerste een het in Van Eckstraat omstreeks 12:00 gebeur waarna daar ‘n huis in Landbergstraat omstreeks 14:00 beroof is. In albei gevalle het gewapende mans die bediendes oorval.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het drie mans wat glo met messe gewapen is die bediende in Van Eckstraat oorval. Sy is vas gemaak waarna die verdagtes die TV gesteel het en gevlug het.
Later in Landbergstraat het drie verdagtes, wie met semi-outomatiese wapens en ‘n pistool gewapen was ook ‘n bediende oorval. Sy kon gelukkig wegkom, waarna sy hulp van die bure ontvang het. ‘n TV en juwele is tydens die roof gesteel.



