NewsNews

‘Ek weet wat is genade’ – skoolhoof vertel oor ongeluk

Mnr. Ruben Jacobs, skoolhoof van Laerskool Mooirivier, sy skoonseun Phillip Steenkamp en kleinseun Ruhann Steenkamp (7) het verlede Saterdag ontkom aan iets wat ’n gru-ongeluk kon wees toe die bakkie waarin hulle gery het, gerol het.

Mnr. Ruben Jacobs, skoolhoof van Laerskool Mooirivier, sy skoonseun Phillip Steenkamp en kleinseun Ruhann Steenkamp (7) het verlede Saterdag ontkom aan iets wat ’n gru-ongeluk kon wees toe die bakkie waarin hulle gery het, gerol het.

Dié drie het Saterdagoggend vroeg na Pretoria vertrek waar Ruhann aan die junior koorkompetisie sou deelneem.
Dit het hard gereën en gehael en die pad was baie nat en glad. Sowat 5km uit op die Rysmierbult-pad het die bakkie oor die pad gegly tot in die veld, gerol en op sy dak te lande gekom.

Jacobs sê hy het magteloos gevoel toe die bakkie begin gly, maar hy, sy skoonseun en kleinseun, het sonder enige ernstige beserings uit die bakkie gekruip.

“Ons was al drie lewendig en gesond na die ongeluk en toe besef ek dat dit net die Here se genade is wat ons beskerm het en seker gemaak het dat ons van hierdie ongeluk af kon wegloop.”

Ruhann het later saam met sy oom verder gery na die koorkompetisie en Jacobs saam met ’n bus om sy kleinseun te sien sing.

Die bakkie waarin mnr. Ruben Jacobs, sy skoonseun en kleinseun gery het. Foto: Verskaf
Die bakkie waarin mnr. Ruben Jacobs, sy skoonseun en kleinseun gery het. Foto: Verskaf

Hoewel Jacobs kon sien dat Ruhann ontsteld was na die ongeluk, het hy steeds sy hart uitgesing en het Laerskool Mooirivier se junior- sowel as senior kore albei met ‘n cum laude-toekenning en as wenkore weggestap.

“Ek weet wat is genade,” het Jacobs vir sy personeel gesê toe hy Maandag terug was by die skool.

“Ek is geseënd en dankbaar dat ek nou daarna kan terugkyk en kan getuig dat daar ‘n God is wat lewe en wat ons elkeen vashou, al dink ons nie altyd so nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button