
Twee verdagtes is Vrydag (2 Junie) in Lichtenburg tydens ʼn operasie in hegtenis geneem.
Die verdagtes is aangekla vir die besit van vermoedelike gesteelde goedere nadat ‘n rekenaar en dobbelmasjien in hulle besit gevind is.
Daar word beweer dat die goedere tydens onlangse optogte gebuit is.
Ses ander mense is ook in hegtenis geneem nadat die polisie ongeveer R36 000 se dwelms by die verdagtes tydens gevind het. Volgens Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, was dit meestal dagga wat gekry is.
“Die verdagtes behoort binnekort in die hof te verskyn,” het hy gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



