NewsNews

Knysna brand: Hoe Potchefstromers kan help

Hier is inligting oor hoe elke Potchefstromer Knysna kan help.

Die afgelope week het Potchefstromers hul harte en beursies oopgemaak vir die talle mense wie se lewens deur ‘n verwoestende brand in Knysna vernietig is. Honderde inwoners het al hul besittings en selfs hul huise in die brand verloor. Volgens die provinsiale regering was die dodetal gister reeds 9 , waarvan een ‘n brandweerman was. Daar is reeds sowat 10 000 inwoners reeds uit Knysna uit ontruim.

FOTO: Windor Hotel Hermanus/FACEBOOK

Die Weskaapse Rampbestuur-Sentrum beskryf die Knysna brande as een van die mees verwoestende brande in ‘n baie lang tyd. Elke Potchefstromer kan telkens ‘n bydrae lewer om die inwoners van Knysna te  help.

Skenkings by Specsavers:

Tot 12:00 toe vandag kan enige skenkings na Specsavers geneem word. Die winkel is reeds volgepak danksy mense wat hul harte oopgemaak het. Amper elke halfminuut kom daar iemand met ‘n trollie vol goedere by die deure in.

Skenkings kan vandag nog tot 12:00 by Specsavers in West Acres winkelsentrum geneem word, waarna DHL dit na Knysna gaan vervoer. (skenkings kan ook by Cell C in Mooirivier Mall afgelewer word)

Aflewerings by Spec Savers

Die afleweringsmaatskappy DHL het hande gevat met die Weskaapse regering om alle skenkings na die Joint Operations Centre in Knysna te vervoer:

 

DHL Express het ‘n plaaslike rampe reaksiespan aangestel om bystand te lewer met die pogings om Knysna te help. Volgens Megan Roper, bemarkingshoof vir DHL Express Sub-Sahara Afika, sal die maatskappy die logistieke van die voorraad wat na Knysna, George en die omliggende gebiede geneem word, koordineer.

“DHL gaan noodsaaklike voorraad soos niebederfbare kos items, komberse, klere en noodhulp na die areas neem deur middel van pad- sowel as lugvrag,” sê sy. DHL het landwyd 39 pute oopgemaak waar skenkings afgelewer kan word om na Knysna vervoer te word.

 

 

Potchefstromers kan skenkings neem na DHL Potchefstroom by Molenstraat 109, Die Bult. Skenkings sal heel week na Knysna vervoer word.

Sentra Motors stuur ‘n vragmotor na Knysna:

Sentra Motors gaan ‘n vragmotor na Knysna stuur vol goedere om die mense daar te help. Potchefstromers kan vandag (9 Junie) nog goedere soos kos, klere vir volwassenes, baba- en kinderklere, babadoeke, komberse, tandeborsels en tandepasta, seep en kos vir troeteldiere. Die vragmotor sal vertrek sodra die vrag vol is.

Skenkings kan afgelewer word by Sentra Motors in Kerkstraat 167. (ter aandag Lily)

Cell C in Mooirivier Mall:

Yolandi Winterbach, bestuurder van Cell C in die Mooirivier Mall,  het ingestem dat die spasie voor haar winkel gebruik kan word as ‘n aflaaipunt vir enige skenkings. Terwyl  Liezl-Marié Nieuwoudt, sal reël vir die vervoer van die skenkings na Knysna. Cerozane Welgemoed, het gisteroggend vir Potchefstromers gevra vir hulp, teen 15:00 was daar al twee trollies vol skenkings. 

Nog skenkings kan afgelewer word by NG Kerk Miederpark.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button