Volgens ‘n artikel deur Times Live is daar ‘n moontlikheid dat die vure wat die afgelope week verantwoordelik is vir die verwoesting in Knysna, moontlik brandstigting is.
Die forensiese ondersoekbeampte David Klatzow het gesê dat die moontlikheid dat 27 vure op die gelyke tyd op verskillende plekke per ongeluk sou ontstaan, baie onwaarskynlik is.
Verskeie mense het op Facebook ook gesê dat hulle brandstigting vermoed.
Vanoggend rondom 04:00 het twee vure in George ook begin brand. Een in Rooirivier en een in Geelhoutboom. Die oorsaak van die vure is nog nie bekend nie. Die vuur blyk vanoggend onder beheer te wees.
Intussen is Potchefstromers hard besig om te doen wat hulle kan om die mense in Knysna te help. Baie skenkings is reeds ingesamel.
Lees meer:
https://www.timeslive.co.za/local/2017/06/08/Are-Knysna-fires-the-result-of-arson



