SportSport

Potchefstromers wil staal in Luiperds se Cravenweekspan wys

Nege rugbyspelers van Potchefstroomse skole is vir vanjaar se Luiperds Cravenweekspan gekies wat vanaf 17 tot 22 Julie by St. Stithians College in Johannesburg in die grootste skolerugbyskouspel in die land gaan deelneem. Vyf Gimmies, wat onder andere kaptein George van der Westhuizen, Arno Gustafson, Mitchelle van der Merwe, Anelka Barends en Frank Lee Jackson …

Nege rugbyspelers van Potchefstroomse skole is vir vanjaar se Luiperds Cravenweekspan gekies wat vanaf 17 tot 22 Julie by St. Stithians College in Johannesburg in die grootste skolerugbyskouspel in die land gaan deelneem.

Die volgende Gimmies is vir verskeie Luiperds-rugbyspanne gekies. (vlnr): Stefan Delport (PUK-span), Danie Boshoff (PUK-span), Giovanni Pestana (o.16A-Grant Khomo), Dewaldt van der Westhuizen (o.16B) en Jason Jackson (o.16B). Alnr: Frank-Lee Jackson (Cravenweek), Arno Gustafson (Cravenweek), George van der Westhuizen (Cravenweek), Mitchelle van der Merwe (Cravenweek), Keenan Twigg (Akademieweek) en Edrich Cronjé (Akademieweek). Afwesig met die neem van die foto was Meyer Leeb (o.16B) en Anelka Barends (Cravenweek).

Vyf Gimmies, wat onder andere kaptein George van der Westhuizen, Arno Gustafson, Mitchelle van der Merwe, Anelka Barends en Frank Lee Jackson insluit, is vir die span gekies. Hanru van Rooyen, die staatmaker losskakel van Hoër Volkskool Potchefstroom, gaan die bevoorregte nommer 10 trui oor sy kop  trek. KW Majola van Boys High en Pitso Mosia van HTS Potchefstroom sal onderskeidelik as linker en regtervleuel diens doen. Lwazi Gumedze van HTS sal op slot diens doen.

Hanru van Rooyen, kranige Volkierugbyspeler, is gekies vir die Luiperdspan wat in Julie aan die Cravenweek in Johannesburg deelneem.
Hanru van Rooyen, kranige Volkierugbyspeler, is gekies vir die Luiperdspan wat in Julie aan die Cravenweek in Johannesburg deelneem.
HTS Potchefstroom se Pitso Mosia is ook vir die Luiperds se Cravenweekspan gekies.
HTS Potchefstroom se Pitso Mosia is ook vir die Luiperds se Cravenweekspan gekies.

Die Akademieweek gaan ook reglynig met die Cravenweek in dieselfde tydperk plaasvind. Gimmies se Edrich Cronjé en Keenan Twigg, sowel as Boys High se Kabelo Phalatse is vir die Luiperds Akademieweekspan gekies. Stephan Delport, Danie Boshoff (albei Gimmies), Sisa Booi en Katleho Morapane (albei Boys High) is vir die Luiperds se Puk-uitnodigingspan gekies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button