SportSport

Haaie gee Luiperds ‘n vierde agtereenvolgende nederlaag

Die Haaie XV se agterlyn-arsenaal het vanmiddag op Olënpark in Potchefstroom net te veel skietgoed vir die Luiperds in die ‘n opwindende Supersport Uitdaagtoernooi-wedstryd gehad. Die finale telling van 38-24 in die Haaie se guns mag dalk nie vir die Luiperds van geen waarde op die puntetabel wees nie, maar hulle het wel vir hulle …

Die Haaie XV se agterlyn-arsenaal het vanmiddag op Olënpark in Potchefstroom net te veel skietgoed vir die Luiperds in die ‘n opwindende Supersport Uitdaagtoernooi-wedstryd gehad.

Die finale telling van 38-24 in die Haaie se guns mag dalk nie vir die Luiperds van geen waarde op die puntetabel wees nie, maar hulle het wel vir hulle ondersteuners bewys dat hulle nie sommer opgee nie. Die halftyd telling van 26-10 was ‘n taai toffie om aan te kou, maar in die tweede helfte het die Luiperds vir die Haaie verras en aanhou aangeval, ten spye van die punteverskil.

Henko Marais was sonder twyfel die Luiperds se ster op die veld en hierdie blonde binnesenter het vir twee puik drieë, een in elke helfte, gesorg.

In ‘n wedstryd wat puik hardlooprugby ten toon gestel het was die witwarm Haaie XV die vinnigste uit die blokke gewees met André Esterhuysen wat onder die pale kuier. Die Luiperds se Gerhard Nortier sit toe die tuisspan op die telbord met ‘n goeie strafskop om dit 5-3 te maak.

Net hierdie het die Sharks die krane begin oopdraai met Garth April wat die toue op losskakel trek. April is ‘n glibberige kalant en hy het keer op keer uit Luiperdskloue met sy vinnige voete en sin vir ‘n gaping ontsnap.

Eers is die Haaie se Johannes Vermeulen oor, gevolg deur April om die telling skielik 19-3 te maak. Marais het toe besluit om ook sy talent ten toon te stel en met ‘n skitterende individuele lopie sy eerste drie net voor halftyd aangeteken om hoop vir tuisspan te gee.

Die kragtige stut, Joe Smith se drie net na halftyd het die Luiperds se aanvallende intensies bewys en die telling na 26-17 verkort. April het wel gesorg dat daar vir die Haaie in Junie geluk sal wees met sy tweede en sy span se vyfde drie om ‘n gemaklik 33-17 voorsprong te besorg.

Marais het sy tweede drie omtrent 14 minute voor die eindfluitjie gaan druk na die bal na sy kant toe gespring het. Daar was nog baie werk om te doen en hy het met pure krag en vaart nog 5 punte gaan druk.

Die Jong Welpies het 'n tonneltjie vir die Luiperds voor die wedstryd gevorm.
Die Jong Welpies het ‘n tonneltjie vir die Luiperds voor die wedstryd gevorm.

Die Luiperds het nietemin hulle vierde agtereenvolgende nederlaag in die Supersport Uitdaagreeks na 80 minute se harde spel beleef en sal nou volgende week teen die Griffons hulle tweede helfte vorm moet vat en daardie wedstryd na ‘n wen toe kanaliseer.

Punte:

Luiperds: 24 (10)

Drieë: Henko Marais (2), Joe Smith

Strafskoppe: Gerhard Nortier

Doelskoppe: Nortier, Schalk Hugo

Haaie XV: 38 (26)

Drieë: André Esterhuizen (2), Garth April (2), Johannes Vermeulen

Doelskoppe: April (4)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button