NewsNews

Twee aangerand naby bekende kuierplek in Potch

Twee mans is Vrydagoggend omstreeks 01:00 deur vyf ander aangerand nadat hulle van 'n bekende kuierplek in die stad afgekom het.

Twee mans is Vrydagoggend omstreeks 01:00 deur vyf ander aangerand nadat hulle van ‘n bekende kuierplek in die stad afgekom het.

Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was een van die mans saam met twee vriendinne op pad na sy kar toe, toe die vyf verdagtes hulle van voor af benader. Een van die verdagtes het glo een van die man se vriendinne gegryp waarna sy weg geruk het en na die kar toe gehardloop het.

Volgens Manyoba het die man vir die verdagtes gevra hoekom hulle sy vriendin pla waarna die vyf verdagtes hom begin aanrand het. ‘n Vriend van die man wie besig was om aangerand te word, het probeer help maar is ook deur die groep erg aangerand.

“Hulle het die twee geslaan en geskop. Voor hulle gevlug het,” vertel Manyoba.

Daar word beweer dat ten minste een van die mans hospitaal toe geneem is na die aanranding.

“Nog niemand is in hegtenis geneem nie maar ‘n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer word ondersoek,” het Manyoba gesĂȘ.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button