Buiteklub weer propvol aksie
Die afgelope week is die volgende aktiwiteite deur die Potchefstroomse Buiteklub aangebied: Gholf: * Woensdag, 14 Junie het die klub ‘n medal-kompetisie aangebied. Die wenners was: 1e plek – Cas Bakkes met ‘n netto telling van 67 2e plek – André du Plessis met ‘n netto telling van 68 punte 3e plek – Juan Combrinck …
Die afgelope week is die volgende aktiwiteite deur die Potchefstroomse Buiteklub aangebied:
Gholf:
* Woensdag, 14 Junie het die klub ‘n medal-kompetisie aangebied. Die wenners was:
1e plek – Cas Bakkes met ‘n netto telling van 67
2e plek – André du Plessis met ‘n netto telling van 68 punte
3e plek – Juan Combrinck met ‘n netto telling van 69 punte
*Donderdag 15 Junie het Pukki Verblyf hulle gholfdag by die klub gehou. Die wenners was:
Alex Hibert en Christopher Hibert met 52 punte


* Vrydag 16 Junie het die Methodiste Kerk hulle fondsinsamelingsgholfdag by die klub aangebied. Die formaat was ‘n betterball scramble drive en die wenners was:
1e – Riaan Swart en Hannatjie van Rooyen met 57 punte
2e – Werner Geldenhuys en Dawie Burger met 56 punte
3e – Nico Leonard en Ronnie Moseley met 56 punte
*Saterdag 17 Junie het Klaas Wyma Makelaars die IPS-kompetisie geborg. Die wenners was:
1e – Victor Havenga met 40 punte
2e – Henri Swanepoel met 38 punte
3e – Rob Nicholas met 38 punte
Rolbal:
Die Buiteklub se rolbal-afdeling (PCC) het Vrydag 16 Junie ‘n uiters geslaagde pretdag aangebied. Tydens die dag het twee nie-rolbalspelers gekombineer met twee erkende spelers en die spanne het in twee rondes van 10 koppe elk uitgespeel. Al 20 spanne het pryse ontvang.
Die president van die klub, Jan Koekemoer, was baie beïndruk met die opkoms.
“As ‘n paar van die 20 nuwe spelers ernstige rolbalspelers word, dan het rolbal gewen,” het hy gesê.
Verskeie spelers het tydens die gesellige braai waarmee die dag afgesluit is, aangedui dat hulle die spel baie geniet het en beslis gaan aansluit. Koekemoer het ook gesê dat die dag ‘n jaarlikse instelling gaan word.



