NewsNews

Twee dood na voertuig in riooldam beland

Munisipale werkers in Wesselsbron het Maandagoggend (26 Junie) afgekom op die lyk van 'n vrou in een van die riooldamme. Die polisie is ontbied en polisieduikers van Bloemfontein en Welkom het later die oggend die lyk uit die dam gehaal.

Munisipale werkers in Wesselsbron het Maandagoggend (26 Junie) afgekom op die lyk van ‘n vrou in een van die riooldamme. Die polisie is ontbied en polisieduikers van Bloemfontein en Welkom het later die oggend die lyk uit die dam gehaal.

Volgens polisielede is daar duidelike voertuigspore wat naby die rand van die riooldam gedraai het en teen die wal af in die water in lei. Die duikeenheid het dit oorweeg om spesiale duiktoerusting te gebruik om in die rioolwater te duik, maar daar is besluit om die riool dam leeg te pomp.

Die voertuig was teen vanoggend (27 Junie) al sigbaar gewees. Daar word vermoed dat behalwe vir die vrou daar ‘n man ook dood is toe die voertuig in die dam in geval het.

Netwerk24 het meer fotos asook ‘n video van die toneel af geneem

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button