NewsNews

Broodjies en drukkies vir honger kinders

Project GIVE het op Donderdag 15 Junie honderde toebroodjies uitgedeel by Thuso Ya Batho, ’n sopkombuis in Promosa, waarheen sowat 500 mense daagliks gaan om te eet.

Project GIVE het op Donderdag 15 Junie honderde toebroodjies uitgedeel by Thuso Ya Batho, ’n sopkombuis in Promosa, waarheen sowat 500 mense daagliks gaan om te eet.

Die dogtertjie en haar hon dhet ook kom broodjies haal.  Foto: Marianke Saayman
Die dogtertjie en haar hon dhet ook kom broodjies haal. Foto: Marianke Saayman

Thuso Ya Batho is in 2011 deur Angela Freeks, ook bekend as Mama Angela, gestig nadat sy ’n roeping van die Here ontvang het om kinders te begin help.

“Ek het gevas en gevra dat die Here iets moet doen in die gemeenskap, toe sê Hy dat ek moet begin,” sê Freeks.
Sy het toe die sopkombuis begin met slegs haar gestremdheidspensioen.

Sy bedien elke dag van die week ontbyt en middagete, en honderde kinders kom eet by haar voor- en na skool. Sy sê vir baie kinders is dit die enigste bord kos wat hulle elke dag kry.

Project GIVE het besluit om te help, deur broodjies uit te deel, en daar was genoeg vir almal om huis toe ook te neem.

Die projek is in 2014 gestig deur ’n groep vriende wat iets buitengewoon wou bereik as om net nog ’n organisasie te stig vir ‘n spesifieke doel of groep. Hul twee kern missies is om klein gemeenskapsorganisasies selfonderhoudend te maak om te verseker dat die diens wat hulle aan die gemeenskap lewer, nie tot stilstand kom weens ’n tekort aan hulpbronne nie. Hulle skep ook ’n geleentheid vir gewone mense om ander in hul gemeenskap te dien, deur middel van hul beroep of talente.

“Project GIVE se visie is om ’n wêreldwye kultuur te skep waar gewone mense die nood in hul gemeenskap raaksien en aksie neem daarteen,” sê Petri Smit van Project GIVE.

Nog foto’s:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button