NewsNews

Bloed vloei na messteek op Bult

Die bloed het Dinsdagoggend omstreeks 10:00 voor die Wimpy in Steve Bikolaan op die Bult gevloei, toe ‘n karwag met ‘n mes gesteek is.

Die bloed het Dinsdagoggend omstreeks 10:00 voor die Wimpy in Steve Bikolaan op die Bult gevloei, toe ‘n karwag met ‘n mes gesteek is.


Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici het die man op die sypaadjie gevind. Hy is op toneel behandel, waarna hy in ‘n kritieke toestand na Potchefstroom-hospitaal vervoer is.
Volgens omstanders het hulle twee mans sien baklei, waarna een die ander met ’n mes gesteek het.
“Hy het toe probeer om die man wat hom gesteek het, met ’n klip oor die kop te slaan, maar het voor die Wimpy inmekaargesak,” het een van die karwagte, wat besig was om die bloed op die sypaadjie skoon te maak, vertel.


Niemand kon met sekerheid sê waarom die twee mans baklei het nie. Daar is wel bevestig dat die man wat gesteek is, ’n karwag is, maar dat hy gewoonlik in die aande werk.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is die verdagte later dieselfde dag in hegtenis geneem. Mooirivier Beskerming het ’n oproep gekry oor ’n man wat in Esselenstraat mense in ’n erf vloek en dreig. Met hul aankoms het die beamptes besef dat dit die verdagte is waarna gesoek word in verband met die voorval op die Bult. Die polisie is ontbied, waarna die man in hegtenis geneem is. Volgens Chaka moes die man Woensdag in die landdroshof verskyn. Verskeie mense het op Facebook oor die voorval gereageer. Baie meen karwagte is deel van die probleem op die Bult.


“Ek moet sê die karwagte maak dit ’n skrikwekkende ervaring.
Hul vloek en skel en gaan so tekere met mekaar en gebruik vreeslike vloekwoorde. Hulle is aggressief en of jy nou ‘ja asseblief’ of ‘nee dankie’ sê, hul dring jou spasie so binne dat jy geen keuse het as om die naaste moontlike geld uit te ruk om jouself uit die situasie te kry nie. “Ek sal nie dat my tieners weer alleen op die Bult loop nie,” het Nadia Esterhuizen op Facebook gesê. “Ek is seker na al die negatiewe voorvalle op die Bult is daar al CCTV-kameras opgerig om kriminele uit te wys! Indien nie, is ons stadsraad (en opposisieparty) meer onbekwaam as wat ek vermoed het,” het Stanley Taylor ook op Facebook gesê.
Die Herald het vanjaar reeds oor ’n oud-Gimmie wat ook op die Bult met ’n mes gesteek is, berig. Daar is ook berig oor ’n vrou wat daar verkrag is.

Lees meer oor gevalle op die Bult

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/30559/oud-gimmie-rugbyster-kritiek-na-messteek/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/21517/vrou-glo-op-die-bult-verkrag/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/11087/student-verkrag-hou-nog-sake-verband/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button