SportSport

Sarel Naudé en sy duifies maak behoorlik amok!

In die Westelike Posduifunie se week vyf wedvlug vanaf Hopetown oor ‘n afstand van 460km, het Sarel Naudé net soos in week een, behoorlik amok gemaak en sy klubmaats van P.P.K. verpletter in die opeafdeling. Sy uitslae is soos ‘n sprokie, alhoewel die eerste ses duiwe ‘n kombinasie van sy A- en B-spanne was. Naudé …

In die Westelike Posduifunie se week vyf wedvlug vanaf Hopetown oor ‘n afstand van 460km, het Sarel Naudé net soos in week een, behoorlik amok gemaak en sy klubmaats van P.P.K. verpletter in die opeafdeling.

Sy uitslae is soos ‘n sprokie, alhoewel die eerste ses duiwe ‘n kombinasie van sy A- en B-spanne was. Naudé se eerste ses duiwe val soos bevrore ertjies in ‘n kookpot, binne 11 sekondes van mekaar af. Sy tweede en derde duif eindig slegs een sekonde na sy wenduif, terwyl sy nommer vier en vyf altwee gelyk oor die elektroniese mat loop, net 6 sekondes na die wenduif. Nommer 6 slegs 11 sekondes na sy eerste. Ai so lekker opvolg vir ‘n duiweboer!

By Potchefstroom Posduifklub roer pastoor Marnes Nel se jongduiwe die manne deurdat sy plekke een en twee beide met dieselfde tyd oor die wenstreep loop. Kiewiet en Christo se duif in die derde plek is enkele sekondes na die wenduif.

In die punte by P.P.K. vlieg die eerste drie manne se duifies soos volg: Jaarouds – Nel 796 wat ‘n stewige aantal punte voor Naudé “A” se 644 is, met Naude “B” derde met 558. Opeafdeling – Naudé “A” 912, Kiewiet & Christo 702 en Naudé “B” 616. Klub kampioenafdeling: Naudé “A” 1578, Kiewiet & Christo 1251 en Naudé “B” 1174.

By Mooirivier Resiesduifklub het Stefan Siebert effens die tweeman-vertoning van die duiwe ghoeroe, Johan Schlebusch en Johan van Wyk die week stopgesit. In die jaarouds verower Schlebusch plekke een en twee, met van Wyk kort na hom. In die opeafdeling vlieg Siebert welverdiend voor, met van Wyk in die tweede en derde plek!

In al drie afdelings vlieg Schlebusch baie gemaklik voor! Hier lyk die punte soos volg: Jaarouds: Schlebusch 689, Arrie Marais 437 en Johan van Wyk 307. Ope: Schlebusch 433, van Wyk 274 en Fanie en familie 269. Klubkampioen-afdeling: Schlebusch 1122, Arrie Marais 660 en van Wyk 581.

Die duiweseisoen is kwartpad en die “fris meisie” het nog lank nie gesing nie. Wat beteken die kampioenskaptrofeë soek nog ‘n eienaar! Volgende week se wedvlug sal plaasvind vanaf Griekwastad. “Veilig vlieg ou kleintjie”!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button