NewsNews

Boer en Polisie verskil oor beeste

’n Boer wat tussen Ventersdorp en Klerksdorp woon, beweer die polisie se veediefstaleenheid het onregmatig opgetree toe hulle beslag gelê op een van sy beeste.

’n Boer wat tussen Ventersdorp en Klerksdorp woon, beweer die polisie se veediefstaleenheid het onregmatig opgetree toe hulle beslag gelê op een van sy beeste.
Volgens Ben Fouché, van Sterkstroom, het die polisie se veediefstaleenheid van Mafikeng reeds vantevore laat in die nag by sy huis opgedaag waar hulle mense gebring het om diere uit te ken wat glo gesteel is.
“Eenuur die oggend het hulle hier opgedaag en oor die hekke wat gesluit was, geklim. Hulle het gesê hulle mag dit doen, omdat hulle die polisie is,” verduidelik Fouché.
Die mees onlangse voorval wat op 18 Julie plaasgevind het, was vir hom net een te veel. Volgens Fouché het hy ’n oproep ontvang dat die veediefstaleenheid by die plaas was.
“Ek het gesê dat ek op pad is, maar met my aankoms was daar ’n man saam met die polisie wat beweer het dat een van my koeie syne is wat verlede jaar gesteel is,” verduidelik hy.
Hoewel Fouché aan die polisie verduidelik het dat hy die koei reeds in 2015 gekoop het as ’n teelkoei en dat hy ‘n bewys van aankoop vir die polisie gestuur het, het hulle steeds beslag gelê op die koei.
“’n Kaptein van die eenheid in Stilfontein het my oorreed om die koei op te gee sodat die ondersoek kan voortgaan.
“Ek wou dit glad nie doen nie, omdat die diere, wanneer hulle in die skut is, agteruitgaan.
“Nog polisiebeamptes van Ventersdorp het opgedaag wat my summier in hegtenis wou neem. Hulle het gevloek en geskree en gesê dat ons witmense skelms is,” vertel Fouché.
Volgens hom het die polisie uiteindelik die koei gelaai, waarna hulle glo daarop aangedring het om die kalf, wat ’n maand oud is, ook te vat.
“Die een polisieman het die kalfie ongeveer 40 meter aan sy een poot gesleep voor hy hom gelaai het,” vertel hy.
Fouché het ’n saak van betreding aanhangig gemaak. Volgens brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, is die koei nie gesteel nie, maar deur die Mafikeng veediefstaleenheid gekonfiskeer, hangende ’n ondersoek.
“Die diere is positief geïdentifiseer deur die eienaar voordat daar beslag op die diere gelê is.
Fouché het die polisie geskakel om sy misnoeë oor die polisie se optrede te kenne te gee, maar hulle kon nie redes gee waarom die polisie nie op die beeste beslag moes lê nie,” het hy gesê.
Volgens hom is Fouché ook aangemoedig om ’n formele klag te gaan lê by die stasiebevelvoerder in Ventersdorp, sodat daar ’n ondersoek geloods kan word.

CSS, Crime ad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button