NewsNews

Bult se gat

’n Rioollek van die openbare toilette in Cachetpark op die Bult het onlangs ’n groot slaggat in Esselenstraat veroorsaak.

’n Rioollek van die openbare toilette in Cachetpark op die Bult het onlangs ’n groot slaggat in Esselenstraat veroorsaak.


Volgens raadslid Vincent Clarke van die Vryheidsfront Plus, is daar onlangs miljoene rand bestee om die pad oor te teer nadat die Cachet elektriese substasie gebou is.
Volgens hom was daar ’n rioollek van die openbare toilette daar naby en het die riool in die straat opgedam. Die massas water het veroorsaak dat die pad opgebreek het.
Volgens hom is miljoene rand van belastingbetalers se geld bestee om die ingang na Esselenstraat, sowel as ander opgraderings aan onder meer die substasie en parkeerterrein daar aan te bring, maar gaan alles nou tot niet weens ‘n gebrek aan behoorlike bestuur en instandhouding deur die munisipaliteit.
“Daar is net geen beheer nie. Daar is geen gevolge vir kontrakteurs wat swak gehalte werk verrig nie. Motoriste is nie bewus van die slaggat nie, veral omdat ‘n mens nie ‘n slaggat in nuutgeteerde pad verwag nie.
“Dit veroorsaak nie net skade aan motors nie, maar verniel ook die pad verder,” het Clarke gesê.
Clarke het motoriste gemaan om versigtig te wees wanneer hulle daar ry om skade aan hul motors te verhoed.
Die gebied rondom die toilette, wat gesluit word om vandalisme te voorkom, het ook ontaard in ’n plek waar haweloses vuurmaak en waar rommel gestrooi word.
Clarke het voorgestel dat die munisipaliteit groen vredesbeamptes aanstel wat boetes kan uitreik aan mense wat die munisipale bywette rondom parke oortree.
“Ons kan nie toelaat dat dit so aangaan nie. Waar gaan dit eindig?” het Clarke gevra.
* Teen druktyd het die munisipaliteit nie gereageer op die Herald se versoek om kommentaar nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button