NewsNews

Goeie buurmanskap maak area veiliger

Die idee van goeie buurmanskap is sterk onder grondeienaars in Wyk-ABM.

Die idee van goeie buurmanskap is sterk onder grondeienaars in Wyk-ABM.
Volgens Murray Deacon, koördineerder van Wyk-ABM, som die naam van die destydse burgerlike beskermingstruktuur, waar alle paaie vanuit Potchefstroom genommer was. Die Vereeniging-pad se nommer was ABM.
So het Wyk-ABM in 2015 ontstaan sodat daar op ‘n onafhanklike, georganiseerde wyse beter ondersteuning aan grondeienaars, inwoners, plaaswerkers en enige ander lid van die gebied gegee kon word.
“Ons as grondeienaars se eerste prioriteit was om te verseker dat ons ‘n goeie, werkbare, landelike veiligheidstelsel in plek kry, om lede in ons wyk se landelike veiligheid (soos misdaad, brande en siekte onder vee) te kan verbeter,” sê Deacon.
Om dit te bereik het hulle die hulp van verskeie privaat- en staatsinstansies benodig.
“CB Sekuriteit, die Potchefstroom Gemeenskap Polisiëringsforum (GPF), sektor 3 en die Potchefstroom-polisie speel ‘n sleutelrol in die stryd teen misdaad in ons wyk.
“AfriForum Potchefstroom help veral met opleiding en Agri-NW (Potchefstroom-tak) gee leiding en ondersteuning wat landbou betref,” sê hy.
Behalwe vir opleiding in misdaadvoorkoming en brandbestryding wat onderskeidelik deur die polisie en die brandweer en die brandbeskermingsvereniging aangebied word, het Wyk-ABM onlangs borde by die ingange na die wyk opgerig. Dit versoek almal om verdagte optredes en brande aan die beheerkamer, wat deur CB Sekuriteit behartig word, te rapporteer.
“Ons het een groot doel vir Wyk-ABM, om op ’n positiewe, gedissiplineerde en goed georganiseerde wyse as Suid-Afrikaners saam te werk aan ‘n opwindende dag van more.
“Ons daag die res van Potchefstroom uit – wees positief, raak betrokke en help waar jy kan!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button