Met Vrouemaand goed op dreef, bied die Herald lesers geleentheid om met slegs ’n foto, kruideniersware ter waarde van R1 500 by Bult SuperSpar te wen. E-pos of bring ’n foto van jouself saam met ’n vrou wat ’n groot invloed in jou lewe gehad het of steeds het, na die Herald. Dit kan jou …
Met Vrouemaand goed op dreef, bied die Herald lesers geleentheid om met slegs ’n foto, kruideniersware ter waarde van R1 500 by Bult SuperSpar te wen.
E-pos of bring ’n foto van jouself saam met ’n vrou wat ’n groot invloed in jou lewe gehad het of steeds het, na die Herald.
Dit kan jou ma, vriendin, suster, dogter of ander rolmodel wees, of ’n vrou vir wie jy sommer net baie lief is! Stuur vir ons die name en die redes ook saam.
Die foto’s gaan (genommer) op die Herald se webtuiste verskyn. Besoek www.potchefstroomherald.co.za om na die foto’s te kyk.
Vanaf volgende week verskyn ’n stembriefie in die Herald, waarop lesers dan na die sluitingsdatum kan stem vir hul gunstelingfoto.
Uit die vyf foto’s wat die meeste stemme gekry het, word dan ‘n gelukkige trekking gedoen.
Moenie wag nie, stuur dadelik vir ons jou foto na maryke.vanheerden@media24.com, of bring dit na die Herald se kantore op die h/v Piet Uys- en Govan Mbeki-rylaan. Die kompetisie sluit Donderdag 31 Augustus 24:00. Maar moenie bekommer volgende week staan lesers weer ‘n kans om kruideniersware ter waarde van R1 500 by Bult SuperSpar te wen. Hou hierdie spasie dop!
1. Isabel Minnaar skryf: Ek stuur vir Sr Frances Minné in as n vrou wat n groot invloed in my lewe het. Sy werk baie hard en sy gaan die ekstra myl. Sys altyd daar wanneer ek hulp en raad nodig het en sy help graag. Sy het ook n goeie hart en sy sit altyd haar pasiënte en potch gemeenskap eerste..
2. Hettie Steyn skryf: My tannie (Sara van Wyk) was ‘n goeie rolmodel. Sy was net ‘n oproep vêr. Sy was ‘n ware kind van die Here. Baie gebid, goeie raad en baie liefde gegee. Ons mis haar baie!
3. Marietjie McGarth skryf: Links op die foto is my sus Roelien Labuschagne. Regs met die serpie is ek Marietjie McGrath. Op Vrouedag 9 Aug 2017 het sy vir my kom kuier in Potch. Met die groetslag het ons altwee maar net gegiggel. Want ontwetend het sy in Sasolburg en ek in Potchefstroom vir ons dieselfde bloesies gekoop. My sus is baie spesiaal. Sy is sagmoedig , goedhartig, kan baie hard werk en het altyd n oor om te luister en raad te gee.
4. Irene Mulligan writes: I write to my guardian’s Anna & Joe Mfisi whom I look up to as my own parents, who took me in as their own daughter. They never thought twice about my situation or looked at me like an orphan rather they welcomed me with a warm parent love they are my mentor’s, inspiration and great role model’s. They have brought joy and a great impact in my life from primary till tertiary I could not ask for more. I am proud of them and greatful for all their love,support and advice they gave me when I needed it most. Thank you once again for your love and care I love you.
6. Ansie Jordaan skryf: Anne is soos ‘n engel uit die hemel,spesiaal vir my gestuur deur Liewe Jesus. Sy is altyd daar vir my-dag en nag,deur dik en dun. Nie net vir my nie maar vir ander help sy graag waar sy kan. Dankie my prag vriendin vir alles!! Ek het nie genoeg woorde om dankie te sê nie ek kan net bid dat Liewe Jesus jou ryklik sal seën….liefde….jou vriendin….Ansie
5. Martie Viljoen skryf: “God het presies geweet hoe om haar te maak, Hy het geweet ons gaan haar nodig he & ek is so lief vir haar uit die diepte van my Hart… Haar naam is Su`Mari, sy is n voorbeeld vir menige, pragtig van binne & buite, het respek, verantwoordelikheid & n borrelende persoonlikheid, sy straal liefde uit, is n omgee mens, bied altyd haar hulp aan, is fluks, leer hard & is n inspirasie & bemoedig graag mense, sy is n groot voorbeeld vir my & sit vinnig n glimlag op my gesig met n mooi woordtjie, n drukkie of n soentjie op die wang, sy trap diep spootjies in mense se harte orals waar sy gaan met haar positiewe, spontane & liefde volle persoonlikheid.”Defnitief my Rolmodel, een van vele dinge wat ek van haar geleer het, is om net jouself te wees & om Liefde te wys & nie skaam te wees om dit te wys nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!