NewsNews

Twee vas oor Haaskraal hoewemoord

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die hoewe-aanval in die Haaskraal omgewing waarin twee bejaardes erg aangerand en gemartel en die 75-jarige man later dood is.

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die hoewe-aanval in die Haaskraal omgewing waarin twee bejaardes erg aangerand en gemartel en die 75-jarige man later dood is.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die twee Maandag in die hof verskyn. Die saak is tot 16 Oktober uitgestel.
Beide Abongile Hala (32) en Macrelish Matlou (26) bly in aanhouding. Volgens Chaka is die selfoon wat tydens die huisrooftog gesteel is, deur die polisie nagespoor en dit is in een van die verdagtes se besit gekry. ‘n Klag van moord is bygevoeg nadat Vic Cookes (75) kort na die aanval oorlede is. Cyril Cooks, die egpaar se seun, het gesê sy pa is oorlede na komplikasies van die beserings wat hy tydens die aanval opgedoen het.
Beide Vic en sy vrou, Gwen, is tydens die rooftog erg aangerand.
Die polisie het vroeër twee verdagtes in hegtenis geneem wat nie met die misdaad verbind kon word nie. Die aanval op die Cookes-egpaar is een van vier ernstige aanvalle waaroor die Herald vanjaar berig het.

CSS, Crime ad

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button