NewsNews

Dolla en Wicus saam op een verhoog

Weg met die dwepers, die boepens-knolle, die moaners en die groaners. Weg met die poeierholle, die hoitie-toitie-skeelooganties, die Martie Martelgatte en die Jannie Jammerballe. Weg met die oorgenuansieerde suutjies-poep-polities-korrektes met hul brabbeltaal-diepsinnighede. Is jy moeg vir jou man se lang gesig wat lyk soos ’n bok wat afdraend kyk? Lyk jou vrou al meer soos …

Weg met die dwepers, die boepens-knolle, die moaners en die groaners. Weg met die poeierholle, die hoitie-toitie-skeelooganties, die Martie Martelgatte en die Jannie Jammerballe.
Weg met die oorgenuansieerde suutjies-poep-polities-korrektes met hul brabbeltaal-diepsinnighede.
Is jy moeg vir jou man se lang gesig wat lyk soos ’n bok wat afdraend kyk? Lyk jou vrou al meer soos haar paspoortfoto? Dan is dit tyd om ’n kaartjie vir hulle te koop na hierdie showtjie.
WEES GEWAARSKU: Jy moet lag dat die trane rol, anders spuit ons jou met Doom.

Debuteer by Aardklop Kunstefees:

3 Okt om 12:30
4 Okt om 16:00
5 Okt om 20:00
6 Okt om 09:30
En dan 18 November – Atterbury Teater in Pretoria. Bespreek deur Computicket.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button