NewsNews

Riool besoedel spruit in Ventersdorp

'n Erge rioollek in Ventersdorp loop het vir twee weke in 'n spruit en verby die Trimpark in Ventersdorp geloop.

‘n Erge rioollek in Ventersdorp loop het vir twee weke in ‘n spruit en verby die Trimpark in Ventersdorp geloop.

Volgens Fanie du Toit, Vryheidsfront raadslid in die JB Marks munisipaliteit, word daar glo drinkwater uit die spruit ontrek, die spruit is ook ‘n bron van water vir beeste.

Du Toit het aangevoer dat daar fondse beskikbaar gestel is vir die herstel en opgradering van rioollyne.

“Ons kan nie toelaat dat ons huidige waterbronne verder besoedel word nie,” het du Toit gesê.

Volgens Willie Maphosa, munisipale woordvoerder, is die rioollek deur elektriese kabeldiefstal veroorsaak.

“Die pompe het nie gewerk nie sodanig kon daar nie water deur die lyne gempomp word nie,” het Maphosa gesê.

Volgens hom het die probleem verlede week aandag geniet en sedert Dinsdag (10 Oktober) funksioneer die stelsel weer soos normaal.

Du Toit meen dat alhoewel die munisipaliteit aandag aan die probleem gegee het, is daar geen poging aangewend om die besoedeling te verminder nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button