
Nog drie verdagtes is Donderdag 19 en Vrydag 20 Oktober in hegtenis geneem in verbinding met die inbraak op die Vyfhoek plotte waarin een verdagte beseer is.
Volgens Kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, is die verdagtes tussen die ouderdomme van 20 en 40. Inligting is deur die polisie opgevolg oor waar die verdagtes moontlik kan wees.
Hulle is suksesvol opgespoor en uiteindelik in Soweto en omliggende areas in hegtenis geneem.
Een verdagte is reeds vroeg Donderdagoggend (19 Oktober) in hegtenis geneem. Die verdagte is gewond tydens die roof.
Volgens Myburgh het die eienaar van die plot glas hoor breek waarna hy ondersoek gaan instel het.
Die verdagtes het glo op die eienaar afgestorm met wapens waarna ‘n skoot geskiet is. Een van die verdagtes is beseer terwyl die ander twee gevlug het.
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/40182/verdagte-kritiek-na-inbraak-op-vyfhoek-plot/




