NewsNews

Lollos kom kuier in Potch

Lollos, Lettie, Disco en Karla sien vreeslik uit dat hul maatjies van Potchefstroom vir hul kom hallo sê.

Lollos, Lettie, Disco en Karla sien vreeslik uit dat hul maatjies van Potchefstroom vir hul kom hallo sê.

“Ons kan nie wag om die maatjies te vertel van die keer toe ons by Willa die Gorilla se Pretpark gaan speel het nie. “Ons het op Foempie se Witte-WolkieWiel gery en Lallalollies in die lekkergoedtuin gepluk!” Lollos en Lettie se vlerkies bewe sommer van opgewondenheid.
“Lettie sê dit sal ‘finominominominaal’ wees as die maatjies saam met haar soos gorillas kan dans. Ons kan nie wag om te sien hoe hulle hul heupies swaai nie. Ons het ‘n paar lekker verrassings vir die kleinspan.” Die vertoning word Saterdagoggend, 4 November om 09:30 by die NG Kerk Grimbeekpark se kerksaal gehou. Elke kind sal ‘n gratis voorbeeld van ‘n Footys Produk ontvang. Footys is ‘n gesonde koeldrank alternatief vir kinders.
Lollos nooi ’n lesersmaatjie en hul mamma of pappa om gratis hul vertoning by te woon, al wat jy moet doen is om een maklike vraag te beantwoord. Die eerste gelukkige leser wat in skakel met die regte antwoord wen die kaartjies. Skakel Vrydag oggend 10:00 die Herald kantore by 018 2930750 en gee die antwoord na die volgende vraag. Op wie se Witte-WolkieWiel het lollos hulle gery?
Die twee persone wat inskakel kan ’n Lollos8 – Skaterlag CD of DVD wen wat die dag met die vertoning afgehaal kan word.So waarvoor wag jy skakel Vrydag dadelik. Navrae kan gerig word aan: admin@kindervermaak.co.za, 082 868 3056 of 082 410 7682.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button